Teken van Genade
Wolke vorm in ‘n wasem,
vol hoop en lewenskrag
skep die heelal sy asem;
wag angstig op Sy krag.
Kalm is wind se gewaai
wat aanhoudend bly kla;
weg is die ewige lawaai
oor die las wat hulle dra.
Aarde se dorstige stem,
soekende na verlossing
sny soos ‘n mes se lem,
smeek in verwondering.
Reën, lank is die gewag
dat jy hierdie dors voed,
en die donkerte wat lag
verdrywe met jou vloed.
Mens, sondige aardlinge,
Engele wat dans en sing
bring van die Almagtige
redding vir Sy skepping.
Duifies koer vreugdevol
hul liedjie tot aansporing;
rustig gelukkig, vredevol,
bring hulle die oortuiging.
20/04/2017 © C. du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.