Die kind
Die kaai krul swanger om die skepe in die baai.
Dartelend speel ‘n vissermanskind
Op dolosse wat kreun teen water en wind.
Slaap nou-jongmens-slaap. Wind vou om die Kaap.
Sluimer-sing van die see,
Van haar leë beloftes en slingse weë.
Die meeue koggel-skêl,
Die kind lag in die wind.
-hy struikel in spel,
waar hy strek om ‘n skulpie op te tel.
Die see eis grynsend haar deel,
weereens haar porsie met lokaas gesteel.
Wreed vergruis sy die kind
teen die dolosse wat bloei in water en wind…
2 Kommentare
-
Charlie Graham
Pragtige beeld en treffende kontras tussen die begin en einde van die gedig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie dankie vir jou deelname aan die INK en SA Vryskutskrywer kompetisie, sterkte en mag die beste persoon wen! Kan jy asb net al die inligting wat SA Vryskutskrywer in die kompetisie reëls gevra het so gou as moontlik vir my per e-pos stuur by skryfafrikaans@ink.org.za