Jongste aktiwiteit:

Herfsskoonmaak-tyd

Herfsskoonmaak-tyd

Brons

Dis tyd om die nessie skoon te skrop,
voordat Winter aan ons deur kom klop.
Elke hoekie, elke gaatjie, elke kas,
word hierdie herfs silwerskoon gewas.

Die klerekaste word ook reggepak,
al die somerklere gaan in ’n sak.
Winterklere word nou uitgehaal,
nou lyk my kas nie meer so kaal.

Die huisie ruik nou vars en fyn,
laat die winterson maar deur ons vensters skyn.
Alles is reg, van die vloer tot die dak,
ons is vir die winter nou klaar gepak!

Juanri




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed