In ʼn vreemde land
In ʼn vreemde land
Brons
Dis Oktobermaand in Nederland,
herfs kom kruip oor die lae land.
Die lig word min, die nagte lank,
met ’n koue bries en ’n reënsang-klank.
Die blare bloos nou geel en rooi,
die nuwe wêreld is bitter mooi.
Maar vier seisoene waai deur die dag,
terwyl ek na die Suid-Afrika se hitte smag.
Daar waar die son my vel kon streel,
word ek nie deur grys storms verveel.
Tog is hier ’n skoonheid wat die hart versterf,
en eendag sal ek dit met liefde verf.
Juanri
2 Kommentare
-

Christa D
Pragtig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir MAART 2026 – HERFS/KAS projek