Jongste aktiwiteit:

Ou Gekraakte Hart..

Gekraakte hart,
vanaand raak ek van jou ontslae.
Ek soek liefde,
ek soek weer ware liefde in my lewe.
Jy gaan my nie keer nie,
God het vir elke pot ‘n deksel gemaak,
en myne is oppad ek glo dit,
en vanaand heel Hy jou, ou-kraak.

Jy sal weer vernuwe,
sodra ware liefde in jou hartskamer instap.
Binnekort, hoor my woorde vanaand,
andersins bly jy eensaam, dit is nie ‘n grap.
Want van jou het ek nou genoeg gehad,
jy gaan my nie meer terug hou,
ou gekraakte hart ek is nie meer lief vir jou..

Nou sal ek totsiens sê,
jou einde is insig.
Kyk! Daar kom ware liefde,
ek stap nou soontoe, tot daar by die lig.
Vaarwel ou gekraakte hart,
jy gaan nou vernuwe word,
met onvoorwaardelike liefde,
ons gaan niks meer kort.

(Gedig vir die eensame persoon wat hier lees, gaan uit ontmoet iemand, jy hoef nie vir ware liefde te vrees!)

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou ..




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed