
Fruhlingsrauschen ( Lentegeritsel–Sinding)
Fruhlingsrauschen (Lentegeritsel—Sinding)
Die eerste swaeltjies het statig groots
vlerkswewend as herouts van die lente
in helderbloulug en sonskyn arriveer en met
grandiose verbyvluggroet fruhlingsrauschen ingelui—
Die natuur kriewel en kruip uit sy hibernasie en
groen botsels en bloeisels laat skurwe kaal takke
uiting gee aan vrolike lentegeritsel oor vernuwende jeug
se groeikrag en veerkrag in daaglikse handel en wandel—
Winterslaap het uit sy grys doodsheid gebreek
en gooi sy wolkomberse en wolbedekkings af
om soos ‘n feniks uit die as te herrys en die
Skepper te loof en prys vir die aarde se herlewing—
Janetta – Helena ( Babs) ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
vreeslik mooi geskets!