
Somer Vaarwel
Somer Vaarwel
Die swaeltjies maal en maal
en vergaar in swerms bymekaar in
die lug want hul het die nessies verlaat en
die seisoenstaal praat die somer is terminaal—
Venstertjies is toe die hortjies en gordyne getrek
die deurtjies gesluit en sleuteltjies veilig geberg,
ma, pa en kinders instinktief reg vir trek vort
op die eeue oue emigrasieweg noordwaarts—
‘n Laaste paar sierlike draaie lig gewiek
in verbyvlug vir oulaas vleuels wyd gespan
in ‘n tot weersiens vaarwelsaluut en met
laaste vlerkklap geniet die winter, Adieu!
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dis pragtig, mens maak die vlug mee... mooiste foto ook!