Jongste aktiwiteit:

In Verband Met Liefde

Soms maak liefde seer,
sodat ons uit ons foute kan leer.
Maar ons mag nooit opgee nie,
want vir elke pot is daar ‘n deksel.
En as die dag as jy voel jy kan nie meer,
vat eers ‘n ruskans,
dalk klop daar binnekort ware liefde aan jou deur.

Vergeet van die seer wat jy in die verlede gekry het,
anders gaan jy vas gepleister bly aan daai eensame bed.
Van niemand hê vir wie jy lief kan wees,
van onbeskermd voel vol van vrees,
niemand wil dit ooit in hul lewe ervaar,
almal soek iemand om vir jou te sê:”Vir jou is ek daar.”

In verband met liefde,
maak jouself gereed,
want dalk binnekort,
dalk nou op die einste oomblik,
klop daar ware liefde aan jou deur,
want ons almal wil ook mos bietjie gevoelens begeer..

©Kopiereg-Timothy De Vos Botha-Alle Regte Voorbehou 2014/04/16 12H01nm




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed