Sterwenslied van die somer Goud
Proe dan nou die klamnat kleur
van okerblare
onder die oeroue akkerboom
fynstoom strepies knak
aanbiddend in die oggendson
hoor die geel van herfs
wanneer dit een word
op die amberpalet –
’n mosaik van klank –
vasgevang in die dartel
van die roeskleurwind
kom aanskou die dans,
die dans van die somer
se sterwenslied
©️ Amanda De Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek