Toe ons nog kinders was
dit was die dae van vergange
waar elkeen se lewe nog in tel was
toe “seven singles” na geluister was met groot verlange
ons met hartelus kon lag
terwyl kinders hamer spyker
hande viervoete iemand anders kon rond swaai
en hul boude teen ‘n bed kon stamp
waar wolf wolf uitgeskreeu was en vra hoe laat is dit
en bokspring genoeg oefeninge was vir die dag
die dae toe ons nog kinders was
en ma glasmelkbottels met koeponne veilig op die stoep gelaat het tot die volgende oggend vir vol melkbottels
terwyl melktert met patroontjies tussen kaneel
die lekkerste happie was
toe ons nog nikkerbols kon
koop met ‘n tiekie ponds gewys
en dogtertjies nog rokkies gedra het
en seuntjies met ketties in hul broeksakke rondgeloop het
wegkruipertjie en ringerosies
en “last touch” wanneer kuiermense gery het
oumas nog bollas gedra het en oupas grys baarde gehad het
toe ons kinders was
was daar baie vrede en liefde
en inry flieks was die toppunt van die week op ‘n Vrydagaand
en Sondae was kerk met n hoed, dit was die ergste van alles….
- @Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.