Geld pond tien
as kind was geld vir ons nie beskore
was niks ook ooit verlore
geld pond tien
onthou ek die woorde
maar nooit gesien
ons ouers in akkoorde
‘n tiekie en ‘n sjieling
was nooit ‘n speelding
maar snoepie geld van ouma
was ‘n tiekie in die hand
en een knipoog glimlag van oupa
het ons alles klaar verpand
met nikkerbols in die sak
was daar geen pak
geld pond tien
verstaan ek vandag nog nie
maar as ons pa en ma sien
was hul glimlag meer werd want hul liefde was nooit nie vals nie
was geld vir ons niks meer werd
@ Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.