Liewe Heer
Liewe Heer
Deur: Ryno du Plessis
Here, met ’n hart bitter seer, soek ek woorde om U te waardeer.
Dankbaar vir die kruis,wil ek U dien in U huis.
Liewe Heer, sonde kan ons as mens van U grootheid keer.
Lei en leer my weer ’n keer.
Vergewe my, Here,ek probeer so hard, maar val telkemaal.
Mag die val wees soos ’n baba wat leer loop, my opstaan deel van God se wedloop.
Amen
Copyright Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.