Marionet
Marionet:
popstrooier
meester mooi
verniel gekniel
toutjies gevleg
ek jou kneg
verstrengeling
jou onderdaan
gin meesterplan
be-aam
laaste pluk
hand uitgeruk
ledemate verstrooi
tussen glasskerwe
van Rosè getooi…
©Poetrydancer – 21/04/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.