
Die lig in die donker
Kom ry saam met my
oor die groot Gariep
oor die onsigbare diep rivier
deur die mis wat wit bo die water rus
in die donkerste uur ~
net voor drie
verby die plek waar die maan so gloei
verby die fontein waaroor die maan so bloei
verby die silwer dam
en die bloekomboom
onder sterre wat die nag met hul lig beloon.
Kom ry saam met my
oor die Vrystaat vlak
waar Venus oor die heuwels refrein
deur ‘n land waar ons (soms)
aan die duister stik
tot die dag vir ons breek ~
duskant Bloemfontein.
© Carma Shaw
11 Julie 2017
7 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek
-
Francois Meyer
Ek lief jou verse, Carma!
-
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
El lief die vrystaat ....baie mooi