
Waar Is Jy?
Ek pluk ‘n lelie in die vlei
en my hart verlang na jou,
ek pluk ‘n bossie songeel madeliefies
vol druppels van die vroeë more dou,
ek sien die blou-blou berge
en ek wonder waar’s jy nou
ek kyk oor wye oseane
en my oë soek na jou,
dan draai my blik
na binne en ek
weet my als
is leeg hier
sonder
jou…
© Anton Bosch 31/12/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.