lokaas
saam met die “clickbait”
kom die val van die sinne
“podcast” op “podcast” ry daarop
hoe meer blootstelling hul verkry
soek maar: elkeen stel sy aas
wat my opval;
liggelowige “kop-innie-sand”
slurp dit op soos dit verskyn
dit is soos kakkerlak blokkies
die “reuk” van “muishond-nuushond”
hang soos drolpeerblomme se reuk
in elke oggendstond se neus kom dit
maak oop die deure van sinnelose gespuug
op jou medemens se sondes
weet net “potgooi-nuusbrak”
jou lokaas, lok net niksseggende drek
speel liewer die potto “potgooier”
dit sal hoër rente op jou
karige belegging
bring
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.