Bella Donna© Bella Donna, lelie van die laatsomer, kastanjetklokkies in karmynrooi, jou groen, blaarlose stam, ‘n stingelfluit. Bella Donna, jy maak van my ‘n dromer as jy jou ook in sneeuwit en rosepienk tooi. Amaryllis roep haar skape steeds luid. Bella Donna, jy is die naakte dame sonder Eva se blare wanneer jy verskyn, want […]
Hier alleen© My drome gedagtes het my ingehaal, sosiaal het ek heeltemal afgedwaal. Ek met my kitaar, maar niks om te sing, hier op ‘n bushalte, deur nêrens omring. In die geraas van ander het ek gedroom, soms in ‘n klas of onder ‘n groot boom, maar nou is dit net ek en my kitaar, […]
http://herwinning van ons ek het jou vergeet tussen die plastiek van gejaagde dae waar ons woorde soos bottels onherroeplik leeg weggegooi is maar ek het begin om jou te herwin met hande vol stilte en oë wat weer leer kyk sonder oordeel sonder haastigheid ek het ons uit die asblik van versuim gehaal met nuwe […]
Namakwaland, jy het my hart gevat, So stilweg, soos ’n jakkals op sy pad. Jy’t hom weg gesteek, ag, sonder berou Onder kruiebosse, waar die wind sag vou. Kleurvolle blom, soos ’n kind se droom, Spat oor die veld in ’n vrolike stroom. Geel, pers en rooi, dis nie net vir die oog, Dis […]
