Die lewe se pad
Ek sit kalm en rustig op my stoep
Die hoofweg se geritsel in die verte wat my roep
Soos mense elke dag hul werke besoek
Ek sit en dink sag aan woorde vir my boek
Ek dink aan die lewe
So groot konsep, my siel begin bewe
Die kor wat als laat skud is die gedagte waarna ek strewe
My hart stort uit
Oor die keuses wat my kop besluit
Sy beplanning perfek en vooruit
Maar dit is gewoonlik die mak honde wat die seerste byt
Ek wil my kind leer
Geluk se waarde word met geld beheer
Blind sien ek nie in die ander hand, ‘n vlieër
Ek haal uit haar hare die “indiaan” veer
Onwetend begin ek drome besmeer
‘n Droom word verdoof
Iets waardevols weereens beroof
‘n Sonsopkoms afgedwing tot onder in ‘n kloof
Ek het ophou luister
Die drome wat sy in my hart kom fluister
Die probleme van die lewe het my insug kom teister
My siel sterk gebou maar deur onkundige hande gepleister
Ek staar verby
Ek probeer dit vermy
Ek hou dit gevange, mensdom is mos vry
Dikwels word daar binne my gestry
Die lewe se paaie
Het gevaarlike draaie
Sekere dae as my siel praat en ek besef
Daai dae wat hy woedend sy stem verhef
Maar die spesefieke dag,
het onvermydelike waarhede my getref
Ons praat van die lewe se paaie
Waarsku ons kinders oor gevaarlike draaie
Ons forseer woorde op hul skoon blaaie
Geld bou sy muur
Elke siel werk vir sy maandlikse huur
Ons draai weg van ons passie en sy betowerende vuur
Soldate reg vir oorlog die boodskap word gestuur
Op ‘n dag, ‘n paar jaar van hier
Wonder ek warheen het sy gegaan sy was gister nog vier
Daai dag wat die gejaag stop, tyd is min, dan tel mens mos elke uur
Die meissie wat wou skryf
Betree ‘n nutelose bedryf
My sonde gaan my as ou man te lyf
Die dae as sy kom kuier
En ons ongemaklik oor ons woorde steier
Die gevaarlike draaie word al wyer
Haar oë is onrustig
Dit ontmoet myne vlugtig
Ek kan sien haar siel is onrustig
Haar glimlag is blitsig
Haar passie was onbekend
Ek het dit ingeruil vir ‘n paar sent
Soos ek myne gegee het vir paar sakkies sement
Hierdie wolfe wat my tot vandag nog jaag bring my elke aand orent
Die lewe kry die blaam
Tyd is die siekte se naam
Haar drome was in die pad, ek sleep haar saam
Hier sit ek na al die jare, die spoke bly in my gange, hul vind tuiste in elke foto raam
Ek sit hier op my stoep, ‘n paar jaar het aan gestap
Die irretasie binne my ongekrap
Die ouderdom het my onkant betrap
My hart verlang
Wat geld ongelukkig nie kan vervang
Die enigste herinneringe die vaag spoke in my gang
Die laaste paar jaar trek hulle rang
Hoe gryser hoe wyser verstaan ek nou
Terwyl oor die graf van haar drome rou
Tot die dag wat ek gaan rus, sal ek aan die hartseer klou
Dalk as my tyd op is sal ek in die Hemel haar kastele bou
Deur
Regardt Belo
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
VlooiBoynton
Wow ek het hom so paar maal oor gelees om die diepte van jou seer te verstaan... Baie mooi geskryf