Jongste aktiwiteit:

Die lewe se pad

Ek sit kalm en rustig op my stoep
Die hoofweg se geritsel in die verte wat my roep
Soos mense elke dag hul werke besoek
Ek sit en dink sag aan woorde vir my boek

Ek dink aan die lewe
So groot konsep, my siel begin bewe
Die kor wat als laat skud is die gedagte waarna ek strewe

My hart stort uit
Oor die keuses wat my kop besluit
Sy beplanning perfek en vooruit
Maar dit is gewoonlik die mak honde wat die seerste byt

Ek wil my kind leer
Geluk se waarde word met geld beheer
Blind sien ek nie in die ander hand, ‘n vlieër
Ek haal uit haar hare die “indiaan” veer
Onwetend begin ek drome besmeer

‘n Droom word verdoof
Iets waardevols weereens beroof
‘n Sonsopkoms afgedwing tot onder in ‘n kloof

Ek het ophou luister
Die drome wat sy in my hart kom fluister
Die probleme van die lewe het my insug kom teister
My siel sterk gebou maar deur onkundige hande gepleister

Ek staar verby
Ek probeer dit vermy
Ek hou dit gevange, mensdom is mos vry
Dikwels word daar binne my gestry

Die lewe se paaie
Het gevaarlike draaie

Sekere dae as my siel praat en ek besef
Daai dae wat hy woedend sy stem verhef
Maar die spesefieke dag,
het onvermydelike waarhede my getref

Ons praat van die lewe se paaie
Waarsku ons kinders oor gevaarlike draaie
Ons forseer woorde op hul skoon blaaie

Geld bou sy muur
Elke siel werk vir sy maandlikse huur
Ons draai weg van ons passie en sy betowerende vuur
Soldate reg vir oorlog die boodskap word gestuur

Op ‘n dag, ‘n paar jaar van hier
Wonder ek warheen het sy gegaan sy was gister nog vier
Daai dag wat die gejaag stop, tyd is min, dan tel mens mos elke uur

Die meissie wat wou skryf
Betree ‘n nutelose bedryf
My sonde gaan my as ou man te lyf

Die dae as sy kom kuier
En ons ongemaklik oor ons woorde steier
Die gevaarlike draaie word al wyer

Haar oë is onrustig
Dit ontmoet myne vlugtig
Ek kan sien haar siel is onrustig
Haar glimlag is blitsig

Haar passie was onbekend
Ek het dit ingeruil vir ‘n paar sent
Soos ek myne gegee het vir paar sakkies sement
Hierdie wolfe wat my tot vandag nog jaag bring my elke aand orent

Die lewe kry die blaam
Tyd is die siekte se naam
Haar drome was in die pad, ek sleep haar saam
Hier sit ek na al die jare, die spoke bly in my gange, hul vind tuiste in elke foto raam

Ek sit hier op my stoep, ‘n paar jaar het aan gestap
Die irretasie binne my ongekrap
Die ouderdom het my onkant betrap

My hart verlang
Wat geld ongelukkig nie kan vervang
Die enigste herinneringe die vaag spoke in my gang
Die laaste paar jaar trek hulle rang

Hoe gryser hoe wyser verstaan ek nou
Terwyl oor die graf van haar drome rou
Tot die dag wat ek gaan rus, sal ek aan die hartseer klou
Dalk as my tyd op is sal ek in die Hemel haar kastele bou

Deur
Regardt Belo




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed