‘n Digter se woordsomme
Vannaand se versoek
Gee verdwaalde woorde ‘n boek
‘n Skrywer se spookdorp donker en vervloek
+
Die sterre wil val
Want die wêreld raak mal
Siele word verban in die groot donker heelal
×
Toe oë versoek ‘n droom
Onder sedasie word woorde aan jou siel vas gesoom
Die skaduwee wat jou volg vrolik en vroom
÷
Wakende oë word belet
Om te gaan wandel oor die betowerende silhoeët
Sonder die medikasie bly dit ongelukkig ‘n halwe portret
–
Slapende ore hoor die akoorde
Wind wat suis uit die koue noorde
Skreeu drome van menslike moorde
Hang dooie wense se geeste aan Hemelpoorte
+
Rasende ore miskyk die gesprek
Die gemompel mis gediagnoseer vir ‘n mediese gebrek
‘n Storie in ‘n boek met S.P.E.L foute bedek
×
Verbaas staan hy gereed
Sy siel se diepte word van tyd tot tyd gemeet
Dikwels die selfde vrae wat van onder af aan hom vreet
÷
Oggend se prikkelende verwarde sensasie
Verdwyn tussen venaand se wakende spasie
Skrywer en storie wag op verskillende stasie
–
Die woorde wil kom in helder verstand
Hy gewaar hul aankoms op die siel se teenoorgestelde rand
Tussen hulle ‘n see van swaar sand
+
Die storie sal kom in merkwaardige ure
Waar woorde mag droom van passie se onheersbare vure
Waar oë kan wandel, oop en vry, sonder sekuriteits maatreëls of konserwatiewe mure
×
Die pen gaan skryf met oë wat dwaal
Na die moordwapen, so vars jy proe nog die swael
÷
Ink gyselaar geneem deur ‘n groep woorde
–
‘n Storie se pyne
Vasgevang tussen lyne
=
Ek wil droom met oë oop
Ek wil skryf met woorde wat vrylik loop
Deur
Regardt Belo
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
VlooiBoynton
Hang dooie wense se geeste aan Hemelpoorte♥️ kon dit nie beter verwoord het nie...baie mooi geskryf