Jongste aktiwiteit:

Môre se gebroke rym

Môre is klaar
Soos my woorde teen my leë mure uitvaar
Soos ons mekaar aanstaar
Die warm son het tans bedaar
Die wakker maan bring sy gevaar

Môre is weg
Soos sy haar lang hare vir skool vleg
Gestraand sing note van gesins lede wat woedend veg
Die haat tussen trou ringe kry eerste reg

Môre is ver
Elke aand met gange wat gil stuur sy haar seer aan die naaste ster
Soos partye hul haat uit blêr

Môre is vry
Sy dwaal op skool gronde, dit is waar haar glimlag bly
Al is dit woorde van die mede kolegas wat haar tot in trane bloots ry

Môre is stil
Soos depresie kind se gees vul
Haar ma se teer stem lui deur haar kop soos sy van die pyn gil
Gister se hard leer gee haar ‘n nul

Môre is daar
Soos haar wense suid vaar
Haar emosies wil sy net aan iemand verklaar
Volwasse gemeenskap wat teen die huis se stil vier mure staar

Môre is seer
Haat het haar ma se gesig verkleur
Lewe vir ‘n kind sonder liefde, ‘n bitter geur
Ons sosiaale aanvaarding bring na vore die bedrieërs

Môre is verby
Sy hou aan om oor haar uitweg te stry
In haar kop is dit al waar sy kan vrede kry
Die bitter gedagte is wat die afgelope paar weke in haar wense ongenooid kom bly

Môre was te laat
Waar sy hang wil almal praat
Haar oë leweloos, ‘n doodloopstraat
Boodskappe op sosiale media stroom in, almal ewe skielik oë oop en beraad

Môre was blind
Met merke oor haar gewrigte loop ‘n hawelose kind
Om iemand wat omgee se oë tussen die gange te probeer vind
Al wat oor is, haar trane in die wind
En gister wat sondes met môre verbind

Môre raak verlede
Gister se pyn probeer kyk na sy hede
Dowe ore, gee ongewilliges se gemoedrus vrede
Die woordeboek gee ‘n leë lyn lanks mede

Môre is iemand se dood
Deur blinde oë te ver gestoot
Haar mishandelde lyf het haar siel se pyn vir die hele wêreld ontbloot
Haar trane val in stom tonge se skoot

Môre haat die waarheid
Gister haat die dag voor dit se beleid
Mag ons met oop oë begin besluit
En ons gebrek om om tegee stuit
Ophou ander kant toe kyk en te fluit

Mag ons besef
Om jou self eenkant te hou is net so gevaarlik soos die moordenaar se mes
Dit is net so wel jy kyk na tien vingers en hou op tel by ses
Wanneer gaan ons ophou ons kope stamp met die selfde les
Ondergemiddeld probeer elkeen sy bes
Glimlagend hang sy lewensloos sy is maar net ses

Deur
Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak