Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

[BRONS] Tussen Glas en Grond

Tussen Glas en Grond

Die rand van die gebou is kouer as wat ek verwag het. Beton hou nie warmte vas nie; dit leen net ’n gevoel van finale stilte. Die stad onder my haal stadig asem, onbewus van die oorlog wat hier bo woed. Ek staan met my rug teen die nag, my oë vol liggies wat soos hoop lyk, of dalk net soos lokvalle.

Hoop kom altyd eerste. Dit fluister sag: wag nog ’n oomblik. Dit wys my beelde. ’n Hand wat myne vashou, ’n oggend wat begin sonder die gewig van gister. Dan kom die twyfel, swaar en plakkerig, soos reën op klere wat jy nie kan uittrek nie. Dit vra hoekom ek moeg is, hoekom asemhaal werk geword het, hoekom elke dag ’n opdraand is sonder beloning.

My hart klop te hard, dan weer te stadig. Daar is ’n vreemde kalmte wat my tref. ’n stilte ná skreeu. Ek voel lig, amper losgemaak van my lyf, asof my gedagtes voor my uitloop en my voete agterna sleep. Die wêreld vernou tot ’n lyn: hier, nou, hierdie rand.

Skuld kom klop. Gesigte. Name. Dinge wat ek nie gesê het nie. Dinge wat ek te hard gesê het. My bors trek styf, nie van vrees nie, maar van die wete dat liefde altyd agterbly wanneer iemand weggaan. En tog, tussen die skuld en die seer, steek hoop weer sy kop uit, hardkoppig, ongevraagd. Dit herinner my dat pyn nie altyd die laaste woord het nie.

Daar is ’n oomblik, ‘n skerp, elektriese sprong deur my, nie afwaarts nie, maar binne-in. ’n Skok van besef: dat hierdie rand nie net ’n einde is nie, maar ’n vraag. Dat selfs hier, waar glas die lug sny en grond so ver voel, ek nog kan kies om te praat, om te bly, om my asem terug te vat.

Ek haal my asem stadig in. Die nag kyk terug. En vir die eerste keer in ‘n lang tyd, kies ek om nie te val nie.

Woorde: 351
Geskryf deur: Nicola Brown




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed