Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

[BRONS] TUSSEN BLY EN VAL

TUSSEN BLY EN VAL

Sy sit op die rand van haar bed, en haar gedagtes baklei soos honde oor ’n stuk vleis. Bly, sê die een stem. Gaan, fluister die ander. Haar bors is ’n klip wat nie wil sink nie, ’n berg wat op haar longe lê. Sy tel haar asem soos krale sonder ’n draad, elkeen breek, elkeen gly weg.

Sy praat hardop met haarself, want stilte skree die hardste. Jy is moeg, sê sy. Jy is nutteloos, antwoord sy. Die nag rek uit tot ’n swart see sonder oewer; tyd word ’n leuen wat haar vashou. Alles is te groot: skuld word ’n stad, vrees ’n hemel vol donder, hoop ’n sandkorrel wat sny.

Sy staan by die venster. Agter die huis rus die berg, donker en oud, asof hy alles al gesien het. Wat as dit vandag eindig? vra die stem wat haar hande laat bewe. Wat as jy bly? vra die stem wat bloei.

In die laaste oomblik, wanneer die wêreld op ’n draad hang, val sy op haar knieë. GOD, sê sy, sonder mooi woorde, sonder beloftes. Net ’n rou asem. Net ’n naam. Die donker kraak oop. Iets warm raak haar oë.

Die son klim stadig oor die berg se skouer. Lig sny deur die nag soos ’n mes deur tou. Sy huil, bakleierig, want pyn bly pyn, maar lig is lig. En vir die eerste keer is daar ’n plek om haar hande te sit: nie weg nie, maar vorentoe.

Woorde: 244
Geskryf deur Nicola Brown




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed