Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

[BRONS] Onder die ou eikeboom

Onder die ou eikeboom

Katryn en Ben het mekaar lank geken – van die dae toe skoenlappers nog in hul hande vasgevang kon word en die wêreld net so wyd soos die skoolplein gelyk het. Hulle het altyd mekaar se hande gesoek in stil gange, glimlagte uitgewissel wat groter was as hul jare, en onder die ou eikeboom, net langs die swembad, het hulle elke middag na skool ontmoet. Dit was hul heiligdom, ‘n plek waar die wêreld stilstaan en net hulle bestaan het.

Maar toe gebeur dit. ‘n Ongeluk wat Katryn se bene vir altyd verlam het. Die mediese woorde het soos yskoue hande oor haar hart geskuif, en vir ‘n oomblik het alles donker gelyk. Die wêreld onder die eikeboom het nie meer geskitter soos voorheen nie. Ben se oë het gevlam van angs, maar nooit van loslating nie. Hy het Katryn se hande vasgehou, stadig, soos iemand wat die breekbaarheid van die lewe tot sy eie gemaak het. Hy het saam met haar gehuil, saam met haar gewag op elke dokter en elke nuwe dag, en selfs toe sy vir die eerste keer in die rolstoel gesit het, was hy daar.

Jare het verbygegaan, en die eikeboom het steeds skaduwee gewerp oor hul stille gelofte. Ben het altyd gesit langs Katryn, haar kop teen sy skouer, hulle vingers ineengestrengel, en selfs al was die wêreld onregverdig en wreed, het liefde hulle nie laat vaar nie. Die lag en trane, die stil oomblikke van hartseer en hoop, het hulle gebind op maniere wat net die tyd en tragedie kon leer.

Onder daardie eikeboom het Katryn weer geleer om te droom – nie net van die dinge wat sy verloor het nie, maar van die dinge wat liefde kon skep. En Ben? Hy het altyd daar gebly, bewys dat sommige liefde sterker is as die fisiese wêreld, dat die hart, al word dit gebreek, steeds kan kies om te bly.

Want liefde, die ware soort, kan alles oorwin.

Woorde: 341
Geskryf deur: Nicola Brown




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed