Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Brood (Goud)

Brood

Ek wou net brood koop,
wit – want ek hou nie van bruin —
ek was kieskeurig.

By die deur
gryp die wêreld my:
’n plakkaat wat gil,
’n vrou wat sente tel,
’n man wat sy hoop
teen afslagpryse verruil.

Die rakke is droogleeg,
soos ons Namibiese vlaktes.

’n Kindjie huil —
dalk nie van honger nie,
maar omdat haar ma
te moeg is om op te let.

By die kasregister
skuifel sy haar sente,
tel weer,
en bid saggies, stil.

Dit is te min
vir haar bruin brood.

Ek dink aan alles
wat ek al gekoop het
sonder om te tel.

Saggies gly my hand
om haar brood te betaal,
sit sommer lekkers by

Sy stap uit
met brood onder een arm,
die kindjie in die ander,
en in haar oë glinster daar hoop.

©MarleneErasmus




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed