
Karoo-nag
Karoo-nag
met sterre besaai
is hierdie Karoo-nag
die briesie is lui
en ek lê ek en wag
wag dat jy
die wind en die warm
die stof en die sand
van jou lyf af sal skud
dat jy die droogte
saam jou stewels
by die agterdeur los
dat jy net vir ‘n klein rukkie
‘n hand vol vreugde kom deel
en net vir vanaand saam my
tussen die sterre sal speel
soos ‘n huppelende lam
in die groenigheid na die reen
© – Barbara Smit – 1/03/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.