wens ‘n wens!
vonkel glinster skitter hemelruim
sterrehemel sterrenag sterreprag!
ek wens ek kon ‘n wens wens
ek glo ek kan ek wil ek sal
eensaam maan eensaam bleek
silwer maan verlate verlore
spieël wat oor die bome sweef
ver in my venster so alleen
ek wens ek kon ek wens ek kan
ek wens ek sou ek wens ek sal
ek wens ek wou ek wens ek wil
mag ek hoop en wens ek mag
sag is my bed my gordyne oop
kyk buite te sien wasem die ruit
‘n soen so stil jou oë so mooi
‘n traan een druppel gehuil
meisie oor jou tower sterre-poeier strooi
engel jy kan die nag jou soete vrede hê
luister bid saggies ‘n stem fluister roep
wens vir jou ‘n wens ek wens jy wens
ek wens ek wens ek kon en kan
wens ek moet en jy moes ook!
ek wil ek kan ek wou ek gaan
ek sal jou wens vir myne wens!
ek bid en vra en roep en glo
vir jou in sluimer te fluister
‘n kers vlammetjie wat flikker
‘n liggie wat stilletjies roep
ek wens jy wens vir my ‘n wens
ek wens jy sou ek wens jy sal
ek wens jy wil ek wens jy wou!
vir my ‘n wens ‘n wens vir my!
ek wens ek het ‘n wens ek wens ek het net een
my hartjie ek wens my skat ek wens my wens!
sterrenag sterreprag hemelse nag!
wens ‘n slaap ‘n slaap hoe sag!
‘n droom te droom vanaand ‘n droom
‘n droom ‘n droom van jou te droom!
~ ~ o ~ ~
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.