Jongste aktiwiteit:

riem

 

 

die riem om my lyf raak styf

elke dag word daar gewigtige

besluite geneem wat langtermyn

invloed op ons lewens plaas

daarom raak die riem

onder my hart

ook al hoe

stywer

die

dankbaarheid

al hoe meer diepgaande

tog lyk dit al hoe meer

asof die knoop aan

die einde van die

riem geleë is

daardie deel

wat ons nie

elke dag

aan dink nie

en gelukkig glo

ek nie aan die

diereriem

se lyne

nie

stiegriem, slapriem,

vangriem

watter riem ookal

dit bly maar net

‘n riem, en nie

‘n rem

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed