Jongste aktiwiteit:

Waar rooimiere dans oor gesteelde Slaap

#Brons
Waar rooimiere dans oor gesteelde slaap

As die slaap nie sy lê kry
en die dagbreektrein sy tyd vat,
kom vier die rooimiere fees
en hardloop resies in die bobeenbaan.
Die nag is stil, bitter stil.
‘n Geskuifel en ‘n snork na asem
breek so nou en dan die soete slaap
van die medereisiger in die trein na droomland.
Maar die slaap baklei met steke en pyne
sy lê is dan dié kant dan daai kant
hande en voete spartel binne en buite
opsoek na hitte en afkoel.
Die enjin onder die dop, laat die kop klop
en die hart bons in die ore,
want slaap draai kwaai sonder rus.
Skape tel oor die doringdraad
is slaap se voorland.
Maar die wolle klou
en wolf grom dié kant van die nanag draad.
Donker klou met ‘n swart kombers
as maan met net ‘n strepie aan die sterrehemel hang.
Dan as die kykers lank genoeg toe bly
klim slaap op die trein na droomland
terwyl die rooimiere nog heerlik feesvier.

Christa Diederiks ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed