somer (Goud)
die son los die aarde stadig
en bemors die horison
met ‘n oordaad oggendstond
ek pepa die dagbreek baldadig
dag-in die somerson
vloei soos goud uit my wye mond
ek ruik weer arikaners
oopgevlek in my kinderhand
en deur my somer-palms verwond
ek onthou my pa se rotstuin
my ma se kanna bedding daarnaas
maar die gelukkigekindreuk
van ‘n gekneusde afrikanerblom
bly vir my steeds so somer soos kan kom
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek