Jongste aktiwiteit:

As My Pen ‘n Kwas Was

As my pen
‘n kwas was
en die letters
was die kleure,
watter prentjie
sou ek skilder?

Hoe sou my
hart kon lyk?
Sou liefde helderrooi
kon wees of pienk
of dalkies blou,
of sou dit helder geel
moes wees
omdat jy daarvan hou?

‘n Kaleidoskoop
van kleure
vir ons vreugde
wat ons soos
‘n lappieskombers
om ons harte vou….

En seerkry, pyn
is oubloed swart
‘n purperkleed
die kleur van smart

Maar nou weet ek
dat dit nie saak
sou maak van
watter woordekleure
ek gebruik sou maak

Want liefde
bly steeds liefde
al is alles om ons
wit en swart

Want liefdeslig
skyn helder
deur die krake
van ‘n eens
gebroke hart…

© 01/08/2011 Anton Bosch




1 Kommentaar

  • See-Jay-El

    Era 2011. Genesing na Belydenis. "Want liefdeslig skyn helder deur die krake van 'n eens gebroke hart." Maar dis ook die antwoord op die vraag: " Sou liefde helderooi kon wees of pienk of dalkies blou of sou dit helder geel moet wees, omdat jy van dit hou?" Kontras van kleur en swart som die soet en suur van ons lewenspad op. Kleur is net sigbaar, omdat die lig buig en breek. Resoneer terug na Kan ek vra... "n Kaleidoskoop van kleure vir ons vreugde wat ons soos ‘n lappieskombers om ons harte vou…." Dit is 'n kragtige pallet vol kleure en lewe en die viering van diep liefde.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed