taalbewonderaar (Silwer)
wanneer afrikaans op my tong tintel
woorde weelderig en wellustig rinkink
in kleurvolle klank weerklink
verlustig ek my aan haar bestaan
wanneer afrikaans se tongvalritme
in lettergrepe kotteljons en tiekiedraai
van swierige nuanse tot kekkelkraai
verbly ek my oor haar bestaan
wanneer afrikaans haar stem verhef
deur boeiende beelde en neologisme
gebore uit toekomsvisie en patriotisme
verwonder ek my aan haar bestaan
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek