vredestryd (Silwer)
wanneer verganklikheid denke noop
om soos spirale
te wring en kring
word die kwade verdring
banale dade
en fatale woorde
bedwing
sodat die lewe se integrale waarde
koorsagtig lig
en ongekompliseerd kan bly
gedy innerlike vrede
… ook in my
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek