Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Oorlewing

Ek het deur pynlike skadu’s geloop,
stille gevegte het my in die reën laat staan
met swaar herinneringe wat ek nie kon laat gaan,
want die stukkende dele was sonder hoop.

Elke litteken dra ’n boodskap; ek het oorleef
elke traan was ’n les wat my laat besef,
ek is besig om weer een te word met myself
en vind krag in die krake van my gees.

Ek oorleef nie net nie, ek staan op
laat gaan wat ek nie kan beheer nie
want die skerp skerwe voel werklik
en tree vir tree word ek weer heel.

Die eggo’s van hartseer maak nie meer seer nie,
ek leer vergifnis want ek het dit nodig
en die stilte binne-in my begin weer sing,
want geestelike hoop word nie gekeer nie.

In die vuurdoop van die dood lê verandering;
ek het geleer om stadig asem te haal
en die donker emosies teen te staan
want innerlike krag bring volkome genesing.

Tree vir tree word ek weer heel
en wat kan my keer as ek die lewe kies?

 




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed