hagedash
met die klanke
van die hadedas
wat weerklink
oor huis en vallei
ontwaak my siel
sweef ek saam
oor duineveld
en see-geweld
golwe druisend
met agterwind
wat waai en draai
pluime wit skuim
wat uit draak
se bek slym
oor gisters
en vandag
se mōre-groet
waarin ek
my woorde
stilletjies
vind
© Tearlach.
Wetenskaplike naam: Bostrychia hagedash
Familie: Threskiornithidae
Spesie: B. hagedash
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek