Jongste aktiwiteit:

hef aan

 

 

hef aan lê nog voor

op jou pad van vreugdevolle oumensjare

lê daar wie weet hoeveel daarvan nog voor

met elke skugter vroegoggend sonstraal

word daar seën mildelik uitgestort

groei dankbaarheid met skredes

wat geen mens kan bepaal

hoe lank nog is versugting

hoeveel ure, dae, maande

van bewustelike lewe

gaan daar wees

nie vir jou

om te weet

maar vir jou om te geniet

elke oomblik daarvan

sonder die verdriet

elke golf bring

wit skuim

uit op

strand

elke wolkie

het uiteindelik

sy eie silwer

rand

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed