Windpomp
weerloos en alleen
geroes en jou vinne
uitmekaar geruk
die gekriskras steunend
in die wind vertel vir ons
eens was jy in die gebruik
verlate staan jy in die vlaktes
vergete aan eens jou harde werk
op fotos is waar jy die meeste pryk
deesdae net die verlange
na ‘n plaaslewe
om net jou stotterende seine
wat sonder olie so knersend skuur
in ag te neem wanneer die wind waai
jou bestaan is daar
maar sonder water,
geen kind of kraai naby
speel vanmelewe se dae
‘n rol voor oë af
om net sugtend ‘n sug te laat
boeregrond verlate gelaat
vir ander gegee tot niks
verwaarloos en verlate
en boere kreun van pyn
gelaat vir marteling
Kopiereg voorbehou
Louisa Van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.