Kennisse
ek staan op die drumpel
van gemoedstoestande
ervarings in lewensgroei
terwyl besluite voorregte kry
in omstandighede van vatbaarheid
kennisse beweeg oor ons paaie
geleidelik word hul deel van jou lewe
terwyl jy sekeres toegang gee
in jou spasie en ander nie
weet jy verseker wie en wie nie
die kuns om mense te lees
kom nie uit jouself
maar beslis van die gees
van Onse Vader Jesus
raak dit soms ‘n stryd
want menigmaal kom die antwoord
wees versigtig wie jy toelaat
want glo my min kan jy vertrou
deurdink ek my gedagtes
en bly eerder aan die veilige kant
sorgvuldig kies ons, ons vriende
en nog nooit was ons spyt
want in beheer bly ons Vader
wie jy toelaat en wie nie
pluk ons nou die vrugte
uitgesoekte vriende bly die beste
want in die gees beleef jy waardes
nooit kan dit dieselfde wees
terwyl vloeke oor jou spoel
weet jy wie waarde toevoeg tot jou lewe
uit dankbaarheid spreek ons
en kom die Eer ons Vader toe
lei Hy jou op die regte pad
terwyl jy deure toemaak
agter hulle wat niks waarde toevoeg
©Louisa van Vliet
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek