Gister (Goud)
die wit hier langs ons slape
lyk soos troppe spierwit skape
wat weiding soek daar teen die berg se hang
en ons dink hoe vry die lewe was
in ‘n wêreld waarin almal pas
toe die kinders nog die donker kon gaan vang
nou’s daar ‘n diep donker verlede
wat krap krap aan die hede
en altyd maar die vrede kom vervang
en as die onmin ons verbyster
en die vryheid kom vaskluister
kan ons maar net in drome terugverlang
daar’s ‘n ligter kant aan gister
en die hede is maar blou
en niemand sou kon sê nie
of die wind môre gaan lê nie
want dié twee
is op mekaar gebou
A Fourie
2021.02.17
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek