Jongste aktiwiteit:

Bokmakierieklanke

 

 

geen eentonigheid vir jou

waar ek sit en peins op my duin

dra jou vrolike klanke my gees

hoog oor die duineveld en see

ver oor horisonte van blou

daar, ver onder ‘n ster

wat plek aanwys

wat vertel

van Hom

Hy is gebore

gestuur en verguis

uitgegooi uit gemeenskap

beskinder, geslaan en gekruisig

alles net vir my en jou saligheid

soos Bokmakierieklanke ruis

oor my bewuste lewe

so ruis die storm

van seën, salig

soos reën

op my

hoof

 

© Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed