Roep van die Aandvoel
- Brons afdeling
Dit is EK.
Dit is EK
wat kantel teen tafels
van wellus gedek.
Die skemeruur baar
in donker gloed
skimme
van selfverwyt.
En die Aandvoel treur
oor die kortstondigheid
van volkome geluk –
Hoogmoed loop voor
en trane sluk.
Vir n oomblik roep Aandvoel – amper bly
in die engheid van sy stryd,
struikel verskrik, verward
oor my voete van klei…
Waak en staan vas!
Sy roep skel en kras
Die vyand se brul
loop oor my groen gras!
Grendel die poort!
Sluit die deur dig!
- En op vleuels van vergifnis
Vind die Aandvoel sy rus.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek