Jongste aktiwiteit:

Twintig vyf-en-twintig– {SILWER}

Twintig vyf-en-twintig

Nou ja! daar het jy dít
swart op wit
die jaar twintig vyf-en-twintig getoonset
in die kalender van Sy genade
met die lirieke van Sy liefde

plaas nou
die progressie van jou nootwaardes
in ritmepatrone
binne die balk van twintig vyf-en-twintig
bladlees dan die toonhoogtes
die maatslag die melodieë
van begeleiding uit Sy woord

dirigeer nou
die styging en daling in toonhoogte
van twintig vyf-en-twintig
se komposisie
binne die hulplyne van gebede …

sinestesie nou
die a capella
vir ’n nuwe simfonie
vir twintig vyf-en-twintig
————–oo00————-
(© Pieter Mostert)

 

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed