Rooipet Rampokker
Rooipet rampokker
Tjokker, blokker, rooipet rampokker
wuif sy vuis
en dans ‘n dans
soos ‘n touspring wals
Tjokker, blokker, rooipet rampokker
sing ‘n lied
so vals soos
‘n sekteleier se leuen
Tjokker, blokker, rooipet rampokker
jou narrekleed
en tranelag
ruik na gister se sweet
© Lynne Lexow 2019
• Neologisme : Tranelag – lag en huil / lag dat die trane loop / snaaks & nie regtig snaaks nie
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2019 projek