Jongste aktiwiteit:

Dribble – Silwer

[Dribble]
{Genre: Emosie}
Na vyftig jaar maak Johan weer die plaashek oop. Hy dink terug aan sy kinderjare. Sy kaalvoetjies het die paadjies hier deurgetrap, oor watervore, deur vlaktes, vleilande en oor die brug by die rivier. Daar is ’n opgewondenheid in sy hart. Dan word sy gedagtes met ’n skok teruggeruk …
Onntnugtering
Waar is die plaas dan!? Daar is nie ’n werf, opstal, pakhuise, of kraal nie. Daar is níks! Eenkant tussen die lang gras staan drie sinkhuisies … Saggies prewel Johan, met trane in sy oë, ‘Aanstap rooies, die pad is lank en swaar… , terwyl hy terugstap na sy motor.
—————————————OO00OO—————————————-
©Pieter Mostert




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed