Eerste Liefde
Waar is die plek
waar ons saam gewandel het –
U en ek?
Was dit langs die stil waterstroom
tussen immergroen loof?
Of in die skeur van die rots?
In die reenboog se boog?
Geen gat in osoon
kon my vuur vir U keer!
Om met U te kon wandel…
Om van U te kon leer…
U was my Eerste Liefde…
Toe word die aarde warm
en my liefde word koud.
Ek verstik in die roet
van gebrande hout.
en ek roep…
en ek soek..
Waar is jy
Eerste Liefde?
Die Een waarmee ek lag
in die eerste oggendlig…
Die oor waarin ek fluister
in die nagwaak se vlug…
Vernuwe my Gees
in die dag se ontvou
Dat ek U, Eerste Liefde
altyd behou.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek