Fontein van die Lewe
Fontein van Lewe
Elke put is Mara..
En jy dors…
Met bloedbelope hande kliptafel op kliptafel
Se die wet
Soekend na die Water wat
Die Groot dors kan les
Helaas…niks!
Slaan die Rots!
…Mara…
Vervloek is jy – brak van die Aarde!
Mens!
Die soetheid
Leef in die kuile van jou wese…
Die fontein van die Lewe
Die volheid van Sy vrede
Kom van Binne
Strome vanuit die
Kraters van jou siel
Sypel stroom en borrel tot dit…
Beurend die walle van
Dit wat jy ken
Oorstroom
En die soetheid Jou mense verdrink
” As jy van My drink
Dors jy nooit weer…”
Draai oop die sluise mens
Jy is die fontein
Waar Jou volk
Rus
Vir hul siel
kan vind
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.