Jongste aktiwiteit:

As seisoene hul jas ophang

As seisoene hul jas ophang

As seisoene hul jas ophang
die kleurspel aan die kapstok die son se strale vang
en lente se aroma baljaar en gedy
nuwe lewe blosend groei vir jou en my
roesbruin geel oranje spatsel
op die aarde neerdartel
die groen tapyt en dae soos heuning
ryp vrugte en sonskyndae bring
ons met winterkaggelvuur aande bymekaar
oor die sneeukleed staar

so wissel die seisoene elke jaar
somer as ons vreugdevol in die branders baljaar
herfs nagte koeler raak
winter die maan koesterend oor ons waak
lente vrolik tussen blommeprag speel
vier seisoene wat die jaar vir mekaar deel
van Januarie tot Desember vroegjaar na najaar
onder die son die nag die maan en sterre baljaar
die een seisoen sy jas ophang
sodat die ander seisoen dit vervang

as blare val word dooie blare ‘n voedselkring
vir nuwe lewe nuwe vrugte wat nuwe sade bring
die kringloop van die natuur en ons lewenssiklus
tye vir blare blomme vrugte sade tye om te rus
dan val die blare vir die heel laaste keer
saggies dartelend of met rukwinde op die aarde neer
dit die laaste lewensseisoen sal aankondig
as blare val op hul finale lewensvlug

v
a
l

v
a
l

v
a
l

©Kopiereg Linda du Plessis 2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed