Skandeloos wys
Skandeloos Wys
Oud word rol sag in Wysheid se kies.
Neffens die boom en die bas
en kole en as
vleg Skandeloos sy lewensdraad.
Wysheid se spoor loop oor smal en oor breed
en het ‘n pad dwarsdeur die berg gekap
waar drome aanmekaar gelap
hom skandeloos die wysheid meet.
Skandeloos ken die asemnood
jonkheid wat veertig jaar berg-om
sy gebrek aan Wysheid –
in Ambisie vermom.
Wie ken die Wysheid…
anders as die Grysheid?
Wie soog aan insig…
anders as Jeug se dooie werke?
Dis hy met Verstand.
Hy wat die Here vrees.
Dis slegs hy wat in Wysheid
ewig Skandeloos leef.
Johan Jansen van Rensburg
Witbank MP
Volwasse afdeling
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.