Seisoenspore
die maanblom se geur
rank vanaand ‘n sirkel
om die sekelmaan
terwyl my woorde
bruê bou
tussen gister en nou
die geroep van die kolganskuikens
breek die son en
weef ‘n altaar
met brokkies goue lig
so draai die seisoene
altyd op hul spore terug
© Anzé Bezuidenhout
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.