Jongste aktiwiteit:

Sonder kettings (goud)

Eendag gaan die aarde weer ophou ween

haar trane gaan vêrens onder ‘n rots versteen

moedersee gaan ons blouberge skoon kom was

terwyl mensgode rondslinger tussen roet en as.

 

Eendag gaan spierwit oerstrande ons roep

kaalvoet sal ons saamstap een in ‘n groep

verby uitgeroeide monumente en geruïneerde stede

só sal ons al die pad hosanna sing en bid vir vrede.

 

Eendag sal ons op ‘n parademaan

soos weeskinders hand aan hand staan

wetend dat ons vermoeid en verlate gaan sterwe

en al wat ons kan agterlaat is skitterende skerwe

 

want iemand gaan ‘n herlewingswoord onthoof

wat ons almal van ons kettings sal beroof.

 

© 02/2023 Caren Kearley

FB: Nimfoleptiese Woorde

 

* Vêrens – iewers êrens ver van hier.

*herlewingswoord – ‘n woord wat nuwe lewe gee soos liefde




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed