Jongste aktiwiteit:

Losgemaak (goud)

Daar waar die berggans sy veer laat val

los ek vir jou ‘n laaste wens

want my lief, toe jy weg moes gaan

het selfs die duiwels in my stil geword

 

in die kaalgestroopte gange van my kop

suis die buitepraat van jou stem nog

want my lief, as dit maar net sou help

sou ek jou daardie dag stywer vas wou hou

 

as ek kon keer dat asem jou lyf verlaat

sou ek weerskante toe bid met verbloude woorde

ek sou selfs vreemde tale verlei

net sodat jy langer by my kon bly

 

maar elke klank binne my het grond toe geval

toe jou gety in my hande bedaar.

 

© 02/2023 Caren Kearley

FB: Nimfoleptiese Woorde

 

*buitepraat – Soos ‘n eggo

*verbloude – woorde wat ‘n kleur het




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed